In hierdie debuutbundel praat die bloeiende bruin pen tot mense, oud en jonk, en dra sterk waardes oor om aan vas te hou en te oordink. Dit is leesstof wat elke lewensboot op koers kan hou … laat sak dus die ankers, want “Die bloeiende bruinPen” is ʼn driebeen-potjie met verskillende disse wat ʼn onweerstaanbare aroma versprei om elke leser te betower.
Met verskillende gebeure, asook ʼn diep geestelike oortuiging, word woorde aan die leser ontbloot wat aan elke diep denkende hart sal raak. ʼn Verfrissende uitroep, propvol gebeurtenisse, waarmee elkeen sal kan assosieer, sal ure se leesgenot verskaf. Daar sal dalk trane weggevee word of soms ‘n lagbui ontsluit. Sien uself in hierdie eenvoudige digbundel wat elke gemoed tot rus en kalmte sal lei.
Hierdie bundel praat op ʼn unieke, alledaagse en persoonlike manier wat die lees daarvan aangenaam sal maak vir oud en jonk.