As Ruan Vorster, Ondersoeker vir ‘n versekeringsmaatskappy en wildboer, baie seker van homself en sy vermoë om ‘n ondersoek vinnig, deeglik en professioneel af te handel, ‘n opdrag kry om ‘n moontlike bedrogsaak te ondersoek, huiwer hy nie. Hy is vasberade om die groen-oog brunet, Elize Aendorf, te ontmasker as die moordenares van haar man ter wille van die versekeringsgeld. So seker is hy dat die pragtige slinkse jong vrou skuldig is, dat hy nie skroom om van onkonvensionele metodes gebruik te maak om sy doel te bereik nie. Maar waarom maak sy hom so woedend dat hy sy humeur teenoor haar verloor?