Kinders is meestal ondeurdag en direk op die man af in hulle regstreekse denke wat jou soms laat steiër in hulle uitsprake. Hulle gebruik woorde en sinspelings wat daagliks gebruik word in hulle omgewing en word als reg beskou om te gebruik. Met ’n lag en ’n traan verander “Kinderpraat” u denke en aanvaarding van hulle uitsprake vir als wat leef. Geniet die uitsprake.
Hierdie uitsprake kan moontlik u kind of kleinkind wees wat dit uitgeblaker het en u in ’n skaterlag laat uitbars.