BLINDE WOORDE
In die stoot van wind
het ek die storm se aankoms gevoel;
dagdrome met passie gevul
het my dag gekleur – die wonder
van blinde woorde
(obsessies tot verse op
brose blare gestring)
wat emosies tot gestalte dring
in wierookklanke:
goddelik gegeur.
©Anzé Bezidenhout