Hierdie is die hartroerende verhaal van ’n jong weesdogter, Rosa-Clara Estrada, wie se lewenspad geplavlei is met die sout van haar trane. Die onverdunde liefde van ’n aantreklike Spaanse hartebreker, Mario Salazar Mata, omskep egter al haar trane in ’n kosbare halssnoer van liefde en hy bind dit om haar siel.