Die reg is oorwegend ‘n stug, stram en gewigtige beroep. Nogtans is daar soms amusante, lagwekkende en selfs tragies-ironiese oomblikke soos in die eerste bundel “Aquila muscas non capit” saamgevat is. In hierdie vervolgbundel span ‘n advokaat en ‘n prokureur saam om, as ‘n verbygaandegeslag-juriste, humervol herinnerings en gedagtes vol menslike drama en intriges te boekstaaf. ‘n Nostalgiese terugblik wat die mens agter die toga openbaar. Laat hy (weereens) val waar hy wil.