Adam is ‘n spanningsverhaal wat jy nie gaan wil neersit nie. Hy straf meisies, omrede hulle van Eva afkomstig is, asook mans wat hom te na kom of sy lewe moeilik maak. Adam is versteurd en put genot daaruit om sy slagoffers te martel met ‘n sweep. In elke hoofstuk straf hy iemand anders. Eers aan die einde van die boek word die identiteit van Adam bekend gemaak. Gaan hy gestraf word vir sy sondes? Is daar klaarheid wat sy ritueel behels?