email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Tronkstories – Johan Visser

A5, 356p.

SKU: ISBN: 978-1-77626-007-2 Categories: ,

R250.00

In Die Lewe Agter Tralies: Ervaringe van ’n Tronkbewaarder kom die wedervaringe van Johan Visser, wat jare lank vir die destydse Gevangenisdiens (later Korrektiewe Dienste) gewerk het aan die bod.

Hy vertel hoe dit gekom het dat hy die Gevangenisdiens as beroep gekies het.

Sy loopbaan het hom na plekke soos Robbeneiland, Durban, Grootvlei, Douglas en Krugersdorp geneem. Daar het hy eerstehandse kennis opgedoen oor die werksomstandighede van gevangenes in die klipgroewe en groentetuine. ’n Paar keer het gevangenes daarin geslaag om te ontvlug en moes hulle weer aangekeer word. Die skrywer gee ook agtergrondinligting oor die ontstaan van sekere bendes in tronke.

Ook in die gevangenisdiens was daar sprake van korrupsie en onregverdige behandeling van lede. Sy laaste jare in diens van Korrektiewe Dienste het saamgeval met die groeipyne van oorgang van die ou bestel na die demokratiese stelsel.

Johan Visser het ná sy aftrede aktief betrokke geraak by die plaaslike buurtwag.