Jou Keuse Avontuur Boeke kan nie lees soos ander storieboeke nie. Jy is die hoofkarakter in die boek en die keuses wat jy maak, stuur die storie in verskillende rigtings.
Onder op elke bladsy sal daar ‘n instruksie wees wat jy sal moet volg, bv.: Gaan na bladsy 3, of
Jy kan gevra word om ‘n keuse te maak. Twee of drie keuses sal gegee word. As jy jou keuse gemaak het, blaai dan na die bladsy soos aangedui, bv.: As jy besluit om regs te draai, gaan na bladsy 5. As jy besluit om links te draai, gaan na bladsy 12.
Die lekker ding is dat as jy klaar een keer die storie deurgelees het, kan jy terug gaan en ander keuses maak en sien waar die storie jou dan sal lui.
GENIET ELKE AVONTUUR SAAM MET JOU VRIENDE!