Nadat verskeie romans oor die goue stoomjare uit die skrywer se pen uit verskyn het het hy besluit om ook sy wedervaringe in die 26 jaar diens op die spoorweë met die lesers te deel as n stille nagedagtenis aan hierdie glorieryke deel van sy lewe.
Nie net deel hy sy eie loopbaan met die lesers nie maar is daar ook baie staaltjies en verhale uit hierdie tydperk uit wat hy met die lesers deel en nooi hy die leser om hierdie pad weer saam met hom te loop en die ou grotes weer te hoor blaf en die sinjaaldrade te hoor sing saam met die geklap van die hefbome en die klokkespel van die treinbeheer instrumente.