email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Mammon (boek 2) : Piet Schoombie

A5, 232p.

R100.00

Hierdie boek is ’n vervolg op die skrywer se roman, Afgode, wat in Maart 2013 gepubliseer is. Mammon begin vier jaar na die hoofkarakter, Stokka, die skool verlaat het om ’n professionele gholfspeler te word. Die eerste hoofstuk is ’n kernagtige weergawe van wat met Afgode se verskillende karakters gedurende dié vier jaar gebeur het. Vanaf hoofstuk twee handel Mammon oor Stokka se verdere volwasse lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol. Stokka is in ‘n voortdurende stryd gewikkel om die geldgod op so n wyse te hanteer en te bestuur dat dit nie sy lewe oorneem en verongeluk nie. Soos dit met internasionale sportsterre gaan, is daar ook oral ’n oorvloed lede van die skonegeslag, wat ’n ogie op hom het. Hy is egter eerder daarop toegespits om die hart van sy jeugliefde, Sonja, te verower. Verder het hy ’n ernstige begeerte om sy biologiese ma, wat met sy geboorte verdwyn het, op te spoor. Die skurke van sy jeugjare is ook steeds baie bedrywig om allerhande planne te maak om van sy rykdom in die hande te kry.