email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Jou brein is joune : Nico & Nelia Allers

A5, 131p.

SKU: 978-1-928327-78-3 Categories: ,

R160.00

Die navorsing en aanbevelings in hierdie boek, stel die leser in staat om breinfiks te bly, demensie uit te stel en ‘n demper te plaas op breinveroudering. Eenvoudige, praktiese raad help jou om langer na jouself om te sien en met ‘n helder verstand oud te word saam met hulle vir wie jy lief is. Die groep lesers wat geteiken word is persone wat toenemend bewus daarvan word dat om kompeterend in die arbeidsmag te wees en die lewe ten volle te leef, een van jou grootste bates ‘n goed funksionerende brein is.

Wat sê ander oor die boek:
Maklik leesbaar en baie relevant. Die mens leef al hoe langer, en daarmee saam neem demensie toe. Die meeste organe kan oorgeplant word, behalwe jou brein. Ons fokus almal op voorkoming van hartsiektes en kanker, maar die belangrikste orgaan, jou brein, word weens onkunde afgeskeep. Die outeurs van hierdie boek se aanbevelings kan almal help om breingesond te bly. ~ Dr. Pieter Coetzer, Hoof Mediese Adviseur: SANLAM

Ons lewe deesdae gemiddeld dertig jaar langer as ons voorouers van ‘n eeu gelede. Dit het egter ook ‘n nadeel: As ons nie betyds aanpassings maak aan ons lewensstyl nie, loop ons die gevaar om soveel jare langer deur te bring onder omstandighede waarvan ons sal sê “ons het daar geen vreugde in nie”. Elkeen se grootste vrees is seker dat ons op ons oudag ons verstand “sal verloor” deur dementia of Alzheimers. In JOU BREIN IS JOUNE gee Dr. Nico Allers praktiese raad oor hoe om jou wonderlike brein te beskerm. Dit is beslis ‘n boek wat ek vir elkeen wil aanbeveel. ~ Dr. Piet Muller, Toekomskundige