email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Die Pastorie Hond : Ebeth Marais

A5, 141p.

SKU: 978-1-928405-22-1 Categories: , ,

R120.00

Ek is ‘n worshond – al stokoud, halfpad blind, en ‘n hele paar tande missing, maar ek lewe nog! En ek wil graag my lewe as pastorie kind met jou deel – voor dit te laat is. My liewe mens, hond, voël, kat, hoender, akkedis of geitjie – wat jy ook al mag wees wat hierdie boek lees – hierdie boek gaan oor die lewe in ‘n pastorie en in die bediening!

As jy al ooit in jou lewe gewonder het hoe lewe daai man op die kansel, met sy ou vroutjie agter die orreltjie, klavier of kitaar, en die ou twee of vyf dierbare kindertjies in die huisie langs die kerk of entjie af in die straat, dan is die boek vir jou! Mens en dier op straat het geen idee wat aangaan in ‘n pastorie en bediening nie! Julle dink mos ons sit en drink heeldag koffie by die gemeente, bak koek en koeksisters, sing mooi christelike liedjies en lees die heeldag Bybel. Saans as ander mense onchristelike TV programme kyk, vat ons boeke!

Nee, nee – dan moet jy rêrig die boek lees dat jou twee oë kan oopgaan my liewe broer en suster! Dis alles behalwe! Jy het geen idee nie – GEEN IDEE NIE! Pastorie lewe is nie vir sissies nie en alles behalwe maanskyn, rose en sit en harp speel iewers op ‘n wolkie. En die knoppe agter ons skouers is nie engelvlerkies wat aan’t uitkom is nie – dis stres knoppe!

So ek hoop jy geniet die boek en dat jy saam met my met nuwe brille sal kyk na die pastorie lewe en die bediening.
Ons is after all … NET DOODGEWONE MENSE!