YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0.00
BEST SELLING PRODUCTS
email us| Contact
A5, 151p.
R180.00
Wimpie weet dat verhoudings vir meisies en seuns in die weeshuis totaal taboe is. Ja, hulle woon selfs aparte skole by. Die meisies loop vinnig verby waar die manne met hulle natgeswete en goed ontwikkelde kaal bolywe besig is om pik te slaan. Hulle moet vinnig loer en verbystap, want as matrone hulle sien, wag daar vir hulle groot moeilikheid en genoeg strafwerk om van hulle sogenaamde hormoonversteurde gedagtes ontslae te raak.
“Ek sien jy het sonder jou hart na die funksie toe gekom, Cynthia,” merk Piet simpatiserend op.
“Ja Piet, my hart is by Wimpie. Hy sou ook vanaand saam met die atlete hier gewees het, maar het dit gekanselleer vir die plaaslike rugbywedstryd. My hart het in die weeshuis agtergebly saam met die briefie waarin Wimpie my afgesê het.”
“Hoe werk die nuwe stoompot wat ek ingesit het Cynthia?” verneem meneer Stander, die terreinopsigter, skielik langs haar. Sy wip soos sy skrik as sy verbaas omswaai en hy alreeds langs haar staan. “Hoekom is die senuweedrade dan so dun dat jy so skrik as jy my sien?” Verneem hy vriendelik. Sy kyk stip en verbouereerd teen die oopgevoude briefie vas wat nog reg voor haar op die tafel lê. Sy wonder of sy dit moet gryp en weghardloop, of het hy dit dalk nie gesien nie? Onwillekeurig dink sy aan die ernstige gevolge van so ʼn ontoelaatbare weeshuis oortreding. Dit voel of sy reeds die doodstraf opgelê is as hy haar stip aankyk. In haar selfopgelegde spanning bars sy skielik, verbouereerd in trane uit.