Drama, intrige, bedrieëry en poging tot moord, is hoog op die agenda wat Paul in die gesig staar, wanneer Veronica, sy liefde uit die verlede haar opwagting maak. Onsekerheid oorheers Paul se denke wanneer Cheryll, Veronica se ewebeeld niggie ook op die toneel verskyn en haar voordoen as Veronica.
Intussen word Paul gekonfronteer deur ’n gebeurtenis waarby hy in sy matriekjaar, saam met Christine, betrokke was. Skietery, sabotasie en jaagtogte eindig op ’n hoë noot wanneer Veronica ontvoer word en daar ’n aanslag op haar lewe is. Sal Paul daarin slaag om al die probleme te bowe te kom en die bedrieër te ontmasker?