“Ek is hier, ek is hier, om vir julle te kom sê, wat ek baie graag wil hê.”
“Wat sal dit wees, wat sal dit wees?” sing almal saam.
“Daar is ’n pappa met ’n kleine seuntjie wie se beentjies nie wil loop, hy kort ’n rolstoel waarmee die pappa hom kan stoot.”
“Hoe kan ons help? Hoe kan ons help?” sing almal.
“Gaan oor die groot pad, volg die grondpad, tot by…”
“Agge nee, agge nee, net nie die ashoop,” sing almal.
“Nee! Net voor die ashoop, is daar ’n huisie met ’n stoepie tog so mooi.
Dit is waarheen ek julle almal nooi.”