email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Colesberg Plaaskronieke – Lizeth Taljaard

A5, 436p.

SKU: ISBN: 978-1-776261-21-5 Categories: ,

R350.00

Die geskiedenis van Colesberg dateer terug na 1778, toe Goewerneur van Plettenberg sy baken in die distrik opgerig het. Trekboere het toe reeds seisoenaal vir winterweiding met hulle vee na hierdie omgewing getrek. Colesbergdistrik is ryk aan geskiedenis. Byna elke gebeurtenis in ons land het ʼn direkte effek op die omgewing gehad: Boesmanoorloë, die stigting van die Gereformeerde kerk, die Groot Trek, die diamantstormloop, die Anglo-Boere-oorlog, kampioentelers – noem maar op! Stories van prominente leiers uit die gemeenskap asook gebeurtenisse wat op plase plaasgevind het, word in hierdie boek gedek. Colesberg Plaaskronieke bevat genealogiese inligting van plaaseienaars en hulle families. Ons sien hoe lede van baie van ons oorspronklike Kaapse families hier saamgetrek het, wagtende vir die grens om verder noord te verskuif sodat hulle die noorde met hulle nageslag kon vul. Die nageslag van heelwat families boer al vir agt en meer generasies in die omgewing. Plaasaktes wat vanaf 1808 tot 2020 dateer, vertel nie net die verhaal van die verwisseling van eienaars nie. Naas die boere-in-murg- en-been was daar die spekulante wat ná die diamant- en goudontdekkings grond begin opkoop het en met grootskaalse, kommersiële boerderye begin het. Daar is ook die perderesies-liefhebbers wat grond vir perdeteel-doeleindes in die omgewing opgekoop het.

Hierdie boek is veral geskik as ʼn naslaanbron vir diegene wat in boerdery- en plaasgeskiedenis, asook genealogie belang stel.