Aran het groot planne vir sy toekoms, maar om sy drome te bewaarheid het hy vir Jesus nodig. Draf saam met die tienjarige Aran op sy fantastiese avontuur op soek na die Messias. Ontmoet die mense wat sy pad kruis – dié wat Jesus self ontmoet het en dié wat nie glo voordat hulle Hom nie self gesien het nie.
Verwonder jou saam met Aran aan die 5 broodjies en 2 vissies wat amper tien duisend mense voed. Beleef al sy haat, hartseer, teleurstelling, frustrasie en uiteindelike triomf wanneer hy van aangesig tot aangesig met die Man van Nasareth kom.