email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Angola Reisjoernaal – Esther Badenhorst

A5, 270p.

SKU: ISBN: 978-1-77626-021-8 Categories: ,

R180.00

Beste SAW Veteraan,

Jy is mos nie ’n man wat sommer maklik praat nie, daarom skryf ek hierdie boek vir jou, maar eintlik eerder vir jou vrou, kinders en kleinkinders.

My man was vir ongeveer 10 jaar kommando bevelvoerder van Jacobsdal Kommando. Hy het altyd die behoefte gehad om vir my te wys waar hy as jong dienspligtige op die grens was.

Ons was bevoorreg om saam die areas van Brug 14, Operasies Savannah, Reindeer, Sceptic, Smokeshell, Protea, Moduler, Hooper en Packer te besoek om maar net enkeles te noem. Ek het het ook meer geleer van die seewaartse operasies wat die Recce’s uitgevoer het.

Sjoe! Waardeur moes julle nie gaan nie. Die wrakke van tenks en troepedraers lê vandag nog as ’n stil getuie van wat gebeur het. Die bosse en dik sand is getrou om steeds vandag jou swaarkry te verberg. Die landmyne lê ook nog ongestoord en wag vir onskuldige slagoffers om verby te kom. Ons was dus verplig om party nagte in ’n gwarrie of op die paaie te slaap om hierdie gevaar te systap.

Ek het ook die baie monumente in Angola gesien wat as propaganda vir hulle opgerig is. Dit terwyl jy gladnie dieselfde verwelkoming terug gekry het nie.

Ek wil jou egter vandag persoonlik bedank vir jou bydrae en opoffering tydens die Grensoorlog. Ek wil verder ook my man, André, sowel as my pa wat grensdiens gedoen het toe ek ’n laerskool kind was, bedank vir die opofferings wat hulle as soldate gemaak het.

Ek nooi jou en jou gesin vriendelik uit om hierdie reis weer saam met my mee te maak. Ek hoop hierdie reisjoernaal moedig jou aan om ook jou storie te vertel, want jy het groot skoene gehad om vol te staan.

Groete, Esther