email us| Contact  

Home  |  Login/Register

Important Delivery Notice (please read carefully)
  • INTERNATIONAL ORDERS – Please email us directly at epos@groep7.co.za for a postage quote.
  • SA DELIVERY OPTIONS – Please note prices will calculate automatically depending on the items & weight in your shopping cart, the below prices are applicable to orders of 1 – 10 books. Please send a direct email to epos@groep7.co.za  for any order larger than 10 books.
    • Aramex R110 (provide street address, delivery usually between 4-6 working days) OR
    • The courier guy R70 (ONLY PTA & JHB, provide street address, delivery usually between 2-3 working days)

Afgode (boek 1) : Piet Schoombie

A5, 217p.

R100.00

Hierdie is die aangrypende verhaal van ’n weeskind se stryd en strewe in ’n kinderhuis om ’n staanplek vir homself in die lewe af te baken. Die seun was ’n vondelingbaba en het dus nooit enige ouerliefde ervaar nie. Oënskynlik is daar ook nie familie wat hulle oor hom ontferm nie. Hy kan dus slegs op sy eie instinkte en fisieke vermoëns staatmaak. ’n Groepie simpatieke volwassenes probeer hom wel help en bystaan waar hulle kan. Ongelukkig is daar ook die kansvatters wat hom wil uitbuit en hulle ten koste van ’n weeskind wil verryk! Hierdie is ’n verhaal van vasbyt en deurdruk, ongeag allerhande beperkings en terugslae in die lewe. Tussendeur alles is daar natuurlik ook nog die wêreld se vele afgode, wat as struikelblokke ’n arm weeskind gereeld treiter. Daar is darem ook die opwinding van gholftoernooie en die ekstase van eerste liefde vir twee verskillende skoonhede, die blonde rykmansdogter en die pragtige hoofmeisie van die hoërskool. Die simboliek van die buiteblad is van ’n jong man wat ’n nuwe daeraad in sy lewe tegemoetstap.