Categories

Jou lyf is joune - Nico Allers Maximize

Jou lyf is joune - Nico Allers

A5, 131p

More details

ISBN: 978-1-928434-05-4

R 160,00

Word jou gesondheid bedreig deur naderkruipende kroniese siektes (suikersiekte, hoë bloeddruk, ens) en is jou ‘gesondheidsverhaal’ ʼn sukkelende storie?  Met toenemende styging in mediese koste in Suid-Afrika, het selfsorg en die beheer neem van jou eie gesondheid ʼn noodsaaklikheid geword. 

Wees die skrywer en regisseur van jou eie ‘gesondheidsverhaal’ en nie net ʼn speler daarin nie ! 

Die boek is saamgestel as ‘n praktiese handleiding om  jou te help om gesondheidsvraelyste, refleksie-oefeninge en  metingstegnieke effektief te gebruik en die nuutste mediese navorsing en belangrike gesondheidsinligting te vestaan en toe te pas.

Jou lyf is joune.  Vertrou jouself daarmee !


Samestelling van boek:

 Hierdie praktiese handleiding sal jou: 

  • help om jou liggaam (lyf) beter te ken en die ‘taal’ van jou lyf te verstaan. (Hoofstuk 2).  
  • help om eenvoudige metings en waarnemings ten opsigte van jou lyf te doen.
  • kennis verhoog oor die grense waarbinne jou lyf funksioneer. (Hoofstuk 3) 
  • bewus maak van leefstylsiektes en jou wys hoe om die kans wat jy staan om ʼn leefstylsiekte te ontwikkel, te bereken. (Hoofstuk 4).
  • wys hoe om betyds aanpassings te maak om jouself teen die vernietigende uitwerking van leefstylsiektes te beskerm en beter gesondheid te geniet ! (Hoofstuk 5).


Wat mense van die boek se:

Hierdie  boek  kan ‘n mens se lewe ten goede  verander.   Die  boek maak jou bewus dat die effektiwitiet van jou liggaam afhang van die identifisering van  invloede en ook die hantering daarvan sodat jou liggaam maksimaal kan funksioneer. Ek kan hierdie boek aanbeveel vir elke mens wat poog om sy/haar liggaam in ‘n goeie toestand te kry .

Mnr. Daan Brummer

Na die deurlees van die boek is ek meer as ooit oortuig dat elke mens op so praktiese manier betrokke moet raak met die feite en lewenskwaliteit van sy of haar lyf.

ʼn Besondere eienskap van die boek is dat jy die belangrikheid van aspekte, wat jou gewoonlik bekommerd sou maak, nou as uitdagings sien. Ek glo wat ek lees omdat dit op ʼn vlak beskryf word wat die gewone leser  gewoonlik nie aan blootgestel word nie, dit is op ʼn praktiese verstaanbare manier. Ek het hoop geskep hoe verder ek gelees het. Jy ervaar dat jy jou lyf op ʼn verantwoordelike manier kan bestuur.

Ds. Johan van der Walt

No customer comments for the moment.

Write your review

Jou lyf is joune - Nico Allers

Jou lyf is joune - Nico Allers

A5, 131p

Write your review

Cart  

No products

R 0,00 Shipping
R 0,00 Total

Checkout