Categories

Spore op Slypsteen - Prieur Lourens Maximize

Spore op Slypsteen - Prieur Lourens

A5, 131p.

More details

9781928372592

R 80,00

Mandie is vyftien (amper sestien). Haar twee boesemvriendinne, Anja en Ester, kom kuier soos altyd vir die wintervakansie op hul plaas naby Alldays. Hierdie jaar verloop dinge egter anders as ander jare. Eers is daar ‘n ontmoeting tussen Mandie en ‘n geheimsinnige luiperd. Daarna ontdek die Vrystaatse jagters vreemde spore op die plaas. En wat wil haar pa nou karring met buffels? Het dit dalk iets te doen met haar ma se dood twee jaar gelede? Yster, die buurseun en Ester se broer, se hulp word ingeroep en na al die jare van saam grootword, begin Mandie anders oor hom voel.

Na Ester se noue ontkoming met Hercules, die buffelbul en die skote op Yster, besef die maats dat daar iets baie ernstig aan die gang is op Slypsteen. Hulle word egter deur Mandie se pa verbied om ondersoek in te stel.

Kan die viermanskap, saam met Jakkals, die plaasvoorman en Anton, een van die jagters, die geheim van die vreemde spore oplos?

Spore op Slypsteen is ‘n aksiebelaaide jeugverhaal vol drama, humor, avontuur en romanse.

No customer comments for the moment.

Write your review

Spore op Slypsteen - Prieur Lourens

Spore op Slypsteen - Prieur Lourens

A5, 131p.

Write your review

Cart  

No products

R 0,00 Shipping
R 0,00 Total

Checkout