Categories

Punt versus Komma - Claudine Venter Maximize

Punt versus Komma - Claudine Venter

A5 248p.

More details

ISBN: 978-0-620784-85-6

R 160,00

KANKER – wat ‘n gevreesde term. ‘n Mens sidder by die blote gedagte daaraan, veral as jyself, of jou geliefde met kanker gediagnoseer word. Nadat ek in 2011 op die ouderdom van 26 en daarna wéér in 2012 met Graad 4 Non-Hodgkins limfoom gediagnoseer is, het ek geleer dat elke asemteug en elke nuwe dag nét genade van God is. Mag hierdie boek vir jou as leser meer lig werp op die onderwerp van kanker.

Ek deel graag met elke leser my kankeroorlog en alles wat daarmee gepaard gaan. Hierdie is nie my verhaal nie, dit is God se verhaal, waar ek slegs Sy instrument was. Jy mag dalk self kanker hê of gehad het, of jy is moontlik die person wat ‘n pad met die kankerlyer stap, hetsy as geliefde of as versorger. Kom deel in my emosionele en geloofsreis vanaf diagnose, deur al die baie terugslae tot by remissie.

My gebed is dat geen leser onaangeraak sal wegstap nadat hy / sy hierdie boek gelees het nie. Elke dag is ‘n geskenk van God!

No customer comments for the moment.

Write your review

Punt versus Komma - Claudine Venter

Punt versus Komma - Claudine Venter

A5 248p.

Write your review

Cart  

No products

R 0,00 Shipping
R 0,00 Total

Checkout